Gemeente Schweizer-Reneke
Geloofsbond van Hervormde Gemeentes
Gemeente Schweizer-Reneke is gestig op 15 Mei 1925. Ons het die voorreg
om al vir meer as ʼn eeu die evangelie van verlossing deur Jesus Christus, die
enigste seun van God die Vader deur die kragvolle werking van die Heilige
Gees te verkondig.
Ons gemeente is ʼn plattelandse gemeente wat die groter Schweizer-Reneke
met die Evangelie bedien. Ons gemeente is geleë aan die voet van die
geskiedkundige koppie vanwaar die dorp Schweizer-Reneke sy unieke naam
ontleen.
Ons gemeente beskou dit as ʼn voorreg om deel te kan wees van die
gemeenskap van Schweizer-Reneke en is betrokke op vele vlakke van die
samelewing – van Silwerjare tehuis vir Bejaardes tot Laerskool SchweizerReneke.
Predikant: ds. HGS Kotzé (Hardie)
Sustersvereniging: mev CK Kotzé (Karen)
Voorsitter Ouderlinge: CJS Kotzee (Neels)
Sekretariële beampte: E Prinsloo (Elsabé)
Gemeente kontakbesonderhede: schweizerrenecke@geloofsbond.org.za
Eredienstyd: 10 uur elke Sondag
Fisiese adres : De Beerstraat 21, Schweizer-Reneke, 2780
